Please remember to sign our GUESTBOOK. It would be nice to know that you were here.

Write Entry
Name:
E-Mail:
Message:
Please answer 68+2?

Sarie Labuschagne wrote at 11.07.2010 at 21:32

Charlie ek het jou eerste DVD 'My gospel memoirs ' gekoop dit oor en oor geluister en vandag 'Soos'n Veertjie ' DVD. Watter wonderlike DVD's om na te luister; dit bring soveel rustigheid in 'n mens se gemoed jy wil dit net weer en weer luister. Lank gesoek na nog 'n DVD van jou maar nou op jou wegtuiste gesien daar is nog ander en ek gaan dit definitief aanskaf. Jy is 'n pragtige mens met soveel talent saam met jou gesin. Ek bid julle as gesin op julle lewenspad vorentoe dat ons Hemelse Vader jul ryklik sal seen met jul werk en die talente wat Hy julle gegee het en so wonderlik gebruik. Sterkte

Anne Olivier wrote at 11.07.2010 at 11:50

Baie dankie vir die wonderlike uurtjie wat jy vanoggend saam met ons deurgebring het. Meer jare terug as wat beide ek en jy wil onthou het jy een aand by Klein Kariba opgetree en ons was daar. Toe jy 'One Day at a Time ' begin sing toe is ek sommer weer terug in die ou saaltjie daar op Klein Kariba. Dankie dat jy so mooi saam met ons gedeel het. My gebed is dat ons Vader jou 'uit jou sokkies uit ' sal seen. Groete A.

Sonja Joubert wrote at 13.06.2010 at 23:09

Charlie toe ek kyk na jou dvd 'Soos 'n Veertjie ' het ek besef dat jy IS 'n ' Walking piece of heaven '. Dankie ! !

David Mintoor wrote at 08.06.2010 at 15:02

Liefste Charlie/Andre. Die boodskap wat julle gedeel het op Sondag was baie geestelik en geloofwaardig as ek dit so mag noem. Dit het my geraak en ek glo dit het my ook geestelik laat groei. Ek wil net baie dankie sê vir mense soos julle. Mag God julle ryklik seen. Ek bid vir julle sterkte toe. Baie dankie. van David Mintoor ngkerkklipriviersberg.

Huis Diaz wrote at 25.05.2010 at 23:07

Hallo Charlie Baie dankie vir die liefde wat jy uitstraal. Mag ons Hemelse Vader jou seen in alles wat jy aanpak en mag ons jou gou weer hier in dorp sien. Jy en Andre is altyd welkom by ons. Liefde Groete Inwoners Huis Diaz Alexandria.

Sonja Joubert wrote at 25.05.2010 at 23:01

Baie dankie dat jy ons klein dorpie in die Oos-Kaap nie mis gekyk het met jou onlangse toer nie. Al is jy reeds weer hard aan die werk met jou nuwe cd het hierdie gemeenskap jou nog lank nie van hul lippe af nie. Jy het mense se harte aangeraak wat jou nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir Andre wat soveel moeite doen en so stil stil agter die toerusting vir ons 'n voorbeeld stel van volkome liefde en geduld. Mag die Here julle seen in alles wat julle aanpak. Groete Sonja Nico en kinders

Pastoor Leon De Smidt wrote at 23.05.2010 at 01:24

Dankie vir die kuiertjie in Alexandria. Ons het almal dit Baie geniet. My vrou Lemmy het jou as Jesus mooi beskryf en ons het almal saam gestem. Ons hoop ons sien jou en Andre sommer gou weer.

Schalk Brits wrote at 18.05.2010 at 19:44

Baie dankie dat julle julle weg oop gesien het om vir ons op Hemelvaart op Burgersdorp te kom kuier. Dit was wonderlik om die boodskap op so n wonderlike wyse te hoor. Ons hoop dat die Here vir julle julle gesondheid sal spaar om julle goeie werk voort te sit. God seen julle. Schalk en Melane

Inge van der Linde wrote at 14.05.2010 at 08:50

Ons het gisteraand na jou gaan luister in ons Kerkgebou in Burgersdorp ek wil net vir jou sê dit was pragtig en dankie dat jy en jou man julle talente met ons kom deel het asook julle Christenskap. Dit is wonderlik. AMEN

Christo Kritzinger wrote at 13.05.2010 at 19:59

Baie dankie vir die wonderlike boodskap wat julle met ons kom deel het. Mag God julle seen.

<< 4 5 6 7 8 9 >>

Over a Cup of Coffee




Latest CD


"Saam Met Jou" is an album with an overarching message that good relationships can be fun, uplifting and exciting.....Read more

WORD Promises