Please remember to sign our GUESTBOOK. It would be nice to know that you were here.

Write Entry
Name:
E-Mail:
Message:
Please answer 21+8?

Dennis Holder wrote at 22.11.2010 at 08:39

Hi Charlie...ons het die wonderlike diens en optrede deur die Westmoot gemeente rerig geniet en om saam te kon sing was vir my ook baie lekker. Ek is die persoon wat jou genader het i.v.m. 'n moontlike optrede by ons Methodist gemeente in Pretoria Tuine. Ek hoop werklik ons sal in die nuwe jaar weer jou sien en dat jy en jou man by ons gemeente sal kom kuier. Baie sterkte vir jou bediening vorentoe en mag die Here julle ryklik seen. Nou gaan ek jou nuwe DVD 'Soos 'n Veertjie ' geniet!

Susan Mills wrote at 22.11.2010 at 06:22

Hello Charlie en Andre Ek wil net baie dankie sê vir Sondag aand 21/11/2010 vir die pragtige kerssang diens. Ek en my gesin het dit so geniet en ons bid vir u en u gesin. Julle het ons harte gesteel met die pragtige stemme so uit die hemel mag onse Pappa Vader julle so bederf want julle is kosbaar in Sy oë.... Jesus groete en liefde Susan Nico en Andy

Rachel van Wyk wrote at 01.11.2010 at 09:52

Baie dankie vir die diep boodskap wat jy vir ons Sondag gebring het. Dit mag dalk voorgekom het of ons gemeente nie enige reaksie toon nie maar glo my. Elkeen van ons is daar uit met diep dinge om oor na te dink. Ek weet van my kant af het ek so baie dinge om oor te dink. Genade van ons Hemelse Vader is so groot en aan Sy liefde is daar geen perke nie Waarom maak ons dan perke? Baie dankie vir die puik diens wat jy waargeneem het. Mag die Here jou seën in die tye wat voorlê.

Steve and Judith Watson wrote at 26.10.2010 at 11:32

Hello Charlie and Andre. Since the weekend we met you you have been on our minds alot. It is fantastic to call you part of our friendship group. Quite a honour it is. Gedurende die week na jou optrede in Sabie het ek jou CD 'Geloof Hoop en liefde ' in die huis gespeel terwyl ons ontbyt gehad het. En daar drup die trane toe die Here deur een van die liedjies met Steve praat. Dit was so kosbaar dat God een van die liedjies gebruik het. May our paths cross again one day. Lots of love Steve and Judith

Elize Mynhardt wrote at 25.10.2010 at 14:26

Baie dankie vir wonderlike dames tee Saterdag oggend. Ek het dit vreeslik baie geniet en dit het my omtrent teruggevoer na tye waarvan ek al vergeet het. Voorspoed vir julle. Groete

CHARMAINE DU PLOOY wrote at 19.10.2010 at 08:07

More Charlie jou musiek en liedjies is awesome. Ek het altyd na daardie liedjie van 'Three wooden crosses ' geluister maar nooit werklik geweet hoekom daar net drie kruise was nie en na Sondag toe jy dit so mooi verduidelik het toe lui dit eers vir my 'n klokkie. Nou luister ek met 'n ander oor na die spesifieke liedjie en bid gedurig deur vir al die vrouens op die strate en bid dat iemand hulle 'n Bybel in die hand sal gee en dat daardie Bybel iets vir hulle in die toekoms sal beteken. Vrede vir jou en jou man tot 'n volgende keer. Liefde

Alida Probst wrote at 18.10.2010 at 09:15

Hallo! Wil net weer dankie se vir jou lieflike optrede by ons Damestee Saterdag. Dit was wonderlik inspirerend vir almal wat daar was en ek hoor net positiewe terugvoer. Veral Tannie Tia se jou liedjies gaan nie 'van mond tot oor nie maar van hart tot hart. ' Liefde Groete Alida

Martin Mostert wrote at 12.10.2010 at 16:35

Baie dankie vir die geselsie Sondagaand. Ek het my mede kollegas vertel van 'die anderkant ' storie. Hierdie lied 'die anderkant ' het ons gemotiveer om 'n projek te begin. Project Warmheart

WESSEL VAN WYK wrote at 11.10.2010 at 15:23

EK WIL NET DANKIE SE VIR JOU PRAGTIG OPTREDE SONDAGAAND BY ONS KERK IN KUILSRIVIER EK HET DIT BAIE GENIET.EK IS DIE OUTJIE WAT SO VROEG DAAR WAS EN HEEL VOOR GESIT HET.JY EN JOU MAN MOET VOL HOU MET DIE GOEIE WERK EN EK SAL VIR JULLE BID WANT EK WEET DIT IS NIE ALTYD MAKLIK IN JULLE BEDRYF NIE.GROETE EN LIEFDE WESSEL

Dalene Swart wrote at 10.10.2010 at 14:50

Ek het 'n CD van jou by my vriend en vriendin Jassie en Rina wat in Kriel bly gekry toe ek daar met vakansie was en het dit baie geniet. Gister namiddag skakel my neef Boetie Zandberg my en deel my mee dat jy vanoggend by hulle kerk gaan optree en nooi my saam kerk toe. Ek is in die Pinkster kerk .Dit is nogal 'n groot verskil maar ek het dit nogtans baie geniet. Baie dankie vir die mooi boodskappies wat jy oorgedra het. Jy en jou man mag maar sing. Mag julle nog baie jare van voorspoed en geluk ondervind en talle siele wen vir ons Koning. Groete hier uit 'n baie winderige en triestige dag in die Kaap. Dalene Swart Bellville Kaap.

<< 2 3 4 5 6 7 >>

Over a Cup of Coffee




Latest CD


"Saam Met Jou" is an album with an overarching message that good relationships can be fun, uplifting and exciting.....Read more

WORD Promises