Gasteboek

Onthou asseblief om my gasteboek te teken!

Sou ons bediening jou op een of ander spesiale manier raak, kan jy dit gerus ook op hierdie blad deel, miskien inspireer en bemoedig jy iemand anders daardeur.

Gaste wat iets spesiaal deel

Andrea Van Zijl Hello Charlie. Saterdag by Meyerton het jy begin deur gebed. En daar het ek vir God gevra om my net weer vas te hou, ek het 'n honger om Sy arms om my te voel. Ek voel alleen (binne my). Die eerste liedjie van jou het ek gemis omdat ek 'n oproep gehad het. En toe ek klaar is het ek gaan sit, betyds om na jou liedjie te luister waar God sê Sy arms sal altyd vir ons oop bly. Sjoe, sjoe, sjoe. Ek het sommer trane in my oë gekry en weer die Heilige Gees voel brand van liefde binne my. Baie dankie vir jou pragtige musiek en dankie dat jy 'n instrument was wat vir my 'n boodskap van ons Pappa Vader gebring het. Baie liefde
 
poppie brooks Jou nuwe dvd is so n inspirasie vir my, dit sal jy nooit besef nie. Ek het weer opnuut my hart oop gemaak vir my Jesus. Baie dankie God seen julle. Jesus groete.
 
Hester Bueger Graag wil ek julle sterkte toewens met jou moeder mag ons Hemelse Vader julle die nodige krag skenk. Dankie dat jy ook iets in my lewe laat gebeur het voorspoed vir julle.
 
Thys Fourie Het jou program op TWR baie geniet. Ons plaaslike radio stasie het na baie maande se gebed besluit om Sondae ook uit te saai. Op een van die programme word TWR programme uitgesaai. Sterkte met jou werk
 
Ansie Nel Ek geniet 'Soos n veertjie' ook geweldig. As n mens n geliefde verloor het, is geestelike musiek mos soos olie op n wond. Voorspoed en liefde vir julle.
 
Petro Botha Charlie, dit was 'n geweldige voorreg om jou hier op Zeerust te hê. Die mense kan nie ophou praat van jou optrede nie. Baie dankie Petro
 
Sarie Labuschagne Charlie ek het jou eerste DVD "My gospel memoirs" gekoop, dit oor en oor geluister en vandag "Soos'n Veertjie" DVD. Watter wonderlike DVD's om na te luister; dit bring soveel rustigheid in 'n mens se gemoed, jy wil dit net weer en weer luister. Lank gesoek na nog 'n DVD van jou maar nou op jou wegtuiste gesien daar is nog ander en ek gaan dit definitief aanskaf. Jy is 'n pragtige mens met soveel talent saam met jou gesin. Ek bid julle as gesin op julle lewenspad vorentoe dat ons Hemelse Vader jul ryklik sal seen met jul werk en die talente wat Hy julle gegee het en so wonderlik gebruik. Sterkte
 
Anne Olivier Baie dankie vir die wonderlike uurtjie wat jy vanoggend saam met ons deurgebring het. Meer jare terug as wat beide ek en jy wil onthou, het jy een aand by Klein Kariba opgetree en ons was daar. Toe jy "One Day at a Time" begin sing toe is ek sommer weer terug in die ou saaltjie daar op Klein Kariba. Dankie dat jy so mooi saam met ons gedeel het. My gebed is dat ons Vader jou "uit jou sokkies uit" sal seen. Groete, A.
 
Sonja Joubert Charlie, toe ek kyk na jou dvd "Soos 'n Veertjie" het ek besef dat jy IS 'n " Walking piece of heaven". Dankie ! !
 
david mintoor Liefste Charlie/Andre. Die boodskap wat julle gedeel het op Sondag was baie geestelik en geloofwaardig as ek dit so mag noem. Dit het my geraak en ek glo dit het my ook geestelik laat groei. Ek wil net baie dankie sê vir mense soos julle. Mag God julle ryklik seen. Ek bid vir julle sterkte toe. Baie dankie. van David Mintoor ngkerkklipriviersberg.
 
Huis Diaz Huis Diaz Hallo Charlie, Baie dankie vir die liefde wat jy uitstraal. Mag ons Hemelse Vader jou seen in alles wat jy aanpak en mag ons jou gou weer hier in dorp sien. Jy en Andre is altyd welkom by ons. Liefde Groete Inwoners Huis Diaz Alexandria.
 
Sonja Joubert Baie dankie dat jy ons klein dorpie in die Oos-Kaap nie mis gekyk het met jou onlangse toer nie. Al is jy reeds weer hard aan die werk met jou nuwe cd het hierdie gemeenskap jou nog lank nie van hul lippe af nie. Jy het mense se harte aangeraak wat jou nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir Andre wat soveel moeite doen en so stil stil agter die toerusting vir ons 'n voorbeeld stel van volkome liefde en geduld. Mag die Here julle seen in alles wat julle aanpak. Groete Sonja, Nico en kinders
 
Pastoor Leon De Smidt Dankie vir die kuiertjie in Alexandria. Ons het almal dit Baie geniet. My vrou, Lemmy, het jou as Jesus mooi beskryf en ons het almal saam gestem. Ons hoop ons sien jou en Andre sommer gou weer.
 
Schalk Brits Baie dankie dat julle julle weg oop gesien het om vir ons op Hemelvaart op Burgersdorp te kom kuier. Dit was wonderlik om die boodskap op so n wonderlike wyse te hoor. Ons hoop dat die Here vir julle , julle gesondheid sal spaar om julle goeie werk voort te sit. God seen julle. Schalk en Melane
 
Inge van der Linde Ons het gisteraand na jou gaan luister in ons Kerkgebou in Burgersdorp, ek wil net vir jou sê, dit was pragtig en dankie dat jy en jou man julle talente met ons kom deel het, asook julle Christenskap. Dit is wonderlik. AMEN
 
Christo Kritzinger Baie dankie vir die wonderlike boodskap wat julle met ons kom deel het. Mag God julle seen.
 
Elzette Roets Charlie, die vrouekamp (16-18 April 2010)was ongelooflik. Dankie vir jou en jou man se bydrae. Dit was vir my en my dogter Marilee, 'n geestelike belewenis en dit is wonderlik om dit met so 'n pragtige groep vroue te kon deel. Dankie vir jou pragtige bydrae. Dankie vir die liefde wat jy en jou man ook 'n Jesus het. Geseende jaar vir julle. Elzette Roets
 
Dehlia Fernandez Hallo Charlie, die heel eerste keer wat ek jou musiek gehoor het was by 'n roudiens 'n jaar gelede toe 13 mense in die brand by Paarl Print in die Paarl gesterf het, Dit was so hartverskeurend maar jou rustige musiek het regtig kalmte onder die mense gebring. Die liedjie wat ons gehoor het was "This is my prayer today". Ek is mal oor jou musiek, ek wens jou alle sterkte op die pad vorentoe. My kerel het by die plek gewerk, hy moes daardie Vrydag gaan werk het, maar weens begrafnis reelings van sy pa die Saterdag, het hy besluit om verlof in te sit vir daai Vrydag en Saterdag, Die persoon wat in sy plek gewerk het, het gesterf in daai brand. Hy was verpletter, maar deur die genade van God het hy weer opgestaan, en hy het 'n heel nuwe blaadjie omgeslaan. Charlie mag dit met jou goed gaan, Baie liefde Dehlia
 
Maddie Sims Hallo Charlie. Ek kan skaars my geluk glo dat ek op jou "website" afgekom het. Ek was 'n tiener toe ek eers jou musiek ontdek het. Nou, 20 jaar later en 10 jaar uit SA uit, kan ek weer jou musiek geniet. Ek bly in Perth, Wes Australia. Ek het hoendervleis gekry toe ek die liedjie "Green to Blue" op jou album sien.
 
Hester Pretoruis Charlie Dit was die eerste keer in my lewe wat ek jou gehoor en gesien het. Die ontmoeting was van die hoogste genot. Baie dankie dat jy my kon help 'swem' en dankie Andre vir die wenk met die tegnologie. My gebed vir julle is dat julle net geluk en vreugde sal ervaar en dat daar vir julle nog meer 'blessings' op julle wag. Groetnis van 'n 'werker' in die groeiveld van Jesus.
 
AMANDA RETIEF Baie dankie vir 'n heerlike oggend Saterdag by NG Sentraal, Vanderbijlpark. Ek het jou sang verskriklik waardeer, veral omdat ek deur 'n baie moeilike tyd gaan met met moeder wat baie siek en swak is. Medals for Mothers sal nou eers 'n baie spesiale plek in my lewe hê omdat jy dink jy waardeer dit wat sy vir jou gedoen het, totdat hulle so siek en swak word en jy magteloos voel omdat jy nie méér kan doen om dit vir haar makliker te maak nie. Mag die Here vir jou en Andre seën op julle lewenspad en vir elke optrede. Ek geniet die CD's, veral My Heer is Naby baie. Groete en liefde, Amanda
 
Louise Kathleen Davids Charlie baie dankie vir jou wonderlike bediening. Ek het altyd gedink ek het nie n plek op aarde nie want als loop net verkeerd,maar ek het die nou pad ondek en dit is wonderlik om na jou bediening te luister jy het Sondag by die PPK in Odendaalsrus n tafel voorberei.Ek hoop elkeen wat aan daai tafel gesit het ,het ontvang want as hulle nie het nie is dit vir ewig verlore. Groete Louise Orkney
 
Cobus Landman Tweede keer in Odendalsrus PPK na jou geluister en gees gevuld daar weggestap. In my lewe het ek ontdek daar is net drie dinge wat enige mens voorspoedig kan laat leef. Dit is, liefde, werk en hoop. Liefde van God en vir ander, werk vir God en ander, hoop vir die onbekende einde vir ons almal hierna. Godelike voorspoed in julle sangbediening.
 
Alecia Nieuwoudt Hello Charlie. Ek wil net se ek en my man het gister vreeslik geniet (Charisma gemeente, Voortrekkerhoogte op valenteinsdag). Ek en my man is nou 26 weke swanger en ek glo eerlikwaar ons baba het dit net so geniet, hy was ongelooflik besig elke keer wat jy gesing het en vir my was dit (soos elke skoppie) die lekkerste lekker om hom so woelig te he en te sien hoe die knoppe my maag skeef trek. So ek gaan jou CD Soos n veerjtie kry om elke aand vir ons baba te speel. Baie dankie. Lekker dag en mag die Here julle hartlik seen.
 
Annerie Kotze Ek het jou vir die eerste keer gehoor toe jy op Buffelspoort opgetree het. Ek het in die saal ingestap met woede en hartseer in my hart en ek het daar uit gestap met 'n glimlag op my gesig. Ek het van begin tot einde gehuil en met trane was die Here my wonde skoon. Die Here praat deur dit wat jy die liefste voor is en myne is musiek baie dankie Annerie Kotze
 
René Taljaard Charlie, ek het so pas "Soos 'n veertjie" gekry deur die pos en dadelik in my rekenaar gesit en begin kyk... wow... dis kosbaar verby! Wat 'n wonderlike seën is jy nie! Bly altyd so Ligstraal en dankie dat jy jou talent so pragtig gebruik in Sy diens!!!!! Jesus seën jou altyd sommer in ooooorvloed!! Liefdetjies vir jou van 'n sussie in Jesus!
 
Lettie Vosloo Liewe Charlie, Ek geniet jou CD, baie dankie. Ek bid vir julle op julle lewenspad vorentoe. Dis baie maklik om vir jou lief te wees. Ons het jou optrede hier op Standerton baie geniet , net te kort gevoel. Van jou TROTSE verhoog-Ma, Lettie Vosloo
 
Johannes Vosloo Baie dankie vir Saterdag se oggend tee saam met jou. Al was ons baie manne daar was dit fantasties lekker om die oggend saam met jou te kon geniet. Spesiaal vir Ma Lettie wat jou verhoog-Ma was. Dit het ook baie vir haar beteken. Dankie dat jy ook vir Jesus lief het
 
Charne Scholtz Baie dankie weereens vir 'n heerlike oggend in Standerton!! Ons is omtrent bederf. Mag die Here jou bewaar en elke dag gebruik tot Sy eer!!!
 
Adele Vosloo Dagse, daar. Ons EG Kerk gemeente in Standerton het jou bespreek vir Oktober of November en ons hier in Bethal wil graag daar wees. Sou ons dit vir een of ander rede mis, sal ons beslis in die toekoms kyk of ons jou nie hier in Bethal ook kan kry nie. Geniet jou musiek en die program wat jy op Kruiskyk gehad het of nogsteeds sien net nie meer dieselfde tye as voorheen nie. God bless.
 
Nolene Kotze Vandag was een van die GROOTSTE dae in my lewe, toe ek jou ontmoet het. Van kleins af was jy vir my 'n groot inspirasie. In hartseer tye kon en ontvlug met jou musiek en troos vind. Jy was ook my inspirasie om te leer kitaar speel. Jou musiek is ingeweef in die verhaal van my lewe in so baie fasette. Jou liedjies sê baie meer as wat mens met woorde kan sê dit praat met my gees ook. Jy is regtig vir my die voorbeeld van om min te wees sodat God meer kan wees, omdat jy so nederig is en Hom al die Eer gee. En die mooiste vandag van als was vir my om te sien wat se pragtige verhouding tussen jou en jou man is. Mens kon julle liefde vir mekaar sien, julle is werklik 'n volmaakte eenheid. Mag julle ryklik geseën word!
 
Johan Odendaal Heng Charlie ek kom nou net van 'n ontbyt tee af hier in Standerton ek wil net vir jou sê jy is werklikwaar 'n opregte inspirasie en dan gooi ons nie jou man weg nie julle is wonderlike mense ek is Februarie die jaar deur ons Vader se genade gered en ek dank Hom elke dag daarvoor. Dit was voorwaar lekker om jou te ontmoet. Groete
 
Susan Pretorius Dankie vir jou wonderlike "gospel" dvd, dit het my uit 'n baie diep en seer gat gelig.
 
Hester Burger Jy is pragtig en jy laat 'n mens net weer besef dat daar 'n God is wat alles vir ons sal doen Mag dit net goed gaan met jou en jou gesin. Baie dankie ek sien uit daarna om my DVD Soos 'n veertjie te ontvang
 
Sonja de Meyer Charlie, ons het gisteraand weer na jou DVD SOOS N VEERTJIE gekyk en geluister....dit versterk ons so Geestelik...DANKIE..
 
Dirk Van Zyl Jou " nuwe" musiek maak jou nog 'n mooier mens as wat jy reeds is!! BAIE geluk met die DVD. Ek glo ons sal dit almal baie geniet Gods's Rykste Seën, Groetnis
 
Magda Voigt Charlie, ek het jou vandag op RSG hoor praat. Ons was saam op skool ek het onlangs vir jou boodskappie gestuur. Jy is na al die jare steeds so 'n wonderlike mens. Jy laat my weer terugdink aan ons kinderdae! Sterkte vir jou
 
Sonja de Meyer Wat n groot voorreg om jou persoonlik te kon ontmoet , by Die Oog se Lentefees Sondogoggend.. Mag ons Hemelse Vader met jou wees, in als wat jy doen... Groete Sonja de Meye
 
Bradley Freeman Charlie, Jy is geseën met 'n wonderlike stem! Dit is heerlik om al jou liedjies te luister. ONE DAY AT A TIME is 'n wonderlike lied! Mag die Heer jou seën en voorspoed vir die toekoms wat voorle!
 
Erika Bronkhorst Ek was gister by jou optrede op Ellisras. Wat 'n belewenis! Die een wat nie seën daruit gekry het nie was met die verkeerde gesindheid daar. Dit was heerlik om al die liedjies saam met jou te kon sing. Mag elke dag vir jou 'n spesiale gebed inhou. God seën jou vir die werk wat jy doen. Bosveld groete en voorspoed vir die toekoms.
 
Helena Schmidt Baie geluk met julle splinternuwe DVD wat op die rakke is! Ek beleef dit as n baie rustige (byna-byna meditatiewe!) DVD, en glo dat dit n groot bydrae kan lewer tot n bepaalde aanbidding-stemming. Mag die Here julle bediening seen!
 
Charl Du Plessis Charlie, jy tree eers oor 2 weke by ons in die kerk op maar ek kan nie wag nie. Ek ken jou musiek al jare en het die grootste bewondering vir jou rustige, pragtige stem. Mag jy regtig vrede ondervind tewyl jy voorbery vir die diens. Sien uit daarna om jou te ontmoet. Vrede vir jou en veilig ry Welkom toe.
 
Leon Mostert Ek wil net vir jou bedank vir nog 'n wonderlike DVD wat julle saam gestel het. Dit is uitstekend en laat 'n mens net weer besef hoe groot ons hemelse Vader is, om jou te gebruik om my as mens se uitkyk op die lewe te waardeer en te besef hoe wonderlik die lewe is as ons elke dag met ons Skepper wandel. Charlie, baie dankie vir jou inspirasie in my lewe om elke dag dankbaar te kan wees en te besef dat ons in die holte van God se hand is. Stuur groete vir André en ek hoop om julle eendag in ons kontrei te sien.
 
Bets van Vuuren Baie dankie vir die twee pragtige DVD's Jou musiek is 'n groot inspirasie vir ons as Christene. Wanneer kry ons 'n Country DVD?
 
Rika Labuschagne Baie dankie vir jou optrede by Tuinedal gemeente, dit was werklik pragtig en ons sal jou boodskap met ons saamdra, ons kan so gou vergeet dat God se genade vir ons genoeg is! Mag die Here jul seën op jul lewenspad!
 
francien van der merwe Charlie Dicks,ek het groot geword met jou musiek,en moet jou sê jy het n godgegewe unieke stem aan jou. Ek is so bly om te sien dat jy steeds sing. Ek het van jou musiek en is dit nie wonderlik om na jou te luister. Ek is bly as jy nou gospel sing want ek weet jy gaan net so baie mense bereik met jou persoonlikheid en stem Hou so aan .Ek het vir my kind van 9jaar ook van jou musiek gespeel, hy glo vas dit is n engel wat daar sing. Groetnis
 
Rina van Aswegen Charlie Jy het gisteraand by NG Oos kerk in Vanderbijlpark opgetree. Baie dankie vir jou wonderlike boodskap. Jy het 'n pragtige stem en ek het jou intense uitleef en uit jou hart sing baie geniet. Dit het diep geraak. Mag die Here jou seën en vir jou en jou man bewaar waar julle ook al heen reis. Jesus liefde uit my hart
 
Debora Ebertsohn nee Roux Charlie wat 'n belewenis om jou op 25 Januarie 2009 (NG OOS) weer soos van ouds te hoor sing en dit in lewende lywe. Ek kon nie help om baie ver terug te dink aan ons kinderdae toe ons saam op skool was nie. En glo dit as jy wil, nogsteeds praat ek van jou by my kinders, vriende en kennisse as 'n ou skoolmaat wat so uit haar hart kon sing. En vanaand kon hulle dit self hoor en beleef. Jou hele wese spreek van jou Liefde vir Jesus en van Jesus se liefde vir ons! Mag HY jou en Andre sëen met julle bediening. Groete in JESUS
 
David Coetzer Die CD "Geloof Hoop en Liefde" het vir my persoonlik so baie beteken. Op 13 Okt 2007 het ek vir ongeveer 5 ure die CD oor en oor geluister Later die middag het ek gaan draf en is ek tydens my drawwery waar ek met die Here Jesus gepraat het geplant in die Ware Wingerdstok Jesus Christus (Johannes 15) Dit was so 'n belewenis! Ek het lank gestruggle met sondes en dinge wat my getreiter het en die dag het ek finaal die stap geneem en kan ek die Here nie genoeg dank loof en prys nie! Ek het drie van jou CDs en ek kan nie genoeg dit luister nie. Die Here het jou darem geseen met die mooiste stem. Ek hoop om een van die dae weer n nuwe een aan te skaf hou so aan. Jesus groete en liefde
 
Lida grove Liewe Charlie Twee jaar gelede het ek 'n optrede van jou en jou man in elliot bygewoon. Daardie dag het julle vir my 'n kersalbum gegee wat ek en die kinders waarvoor ek skoolhou, oneindig baie plesier uit put. Ek hou vir minder begaafde kinders skool . Hulle kan die kersliedere heerlik saamsing en omdat die woorde so duidelik is, dit ook maklik leer. Daar is kindertjies met alkoholsindroom wat nooit vlot sal kan lees nie, maar nou maklik die woorde van die liedjies leer. Dit was voorwaar 'n wonderlike geskenk en ek sal julle altyd dankbaar bly. Ek het al jou albums en dit beteken vir my baie. Daar is niks wat 'n mens so rustig maak en kalmeer as die musiek nie. Seën op julle werk vorentoe. "Wat's jou storie" is 'n treffer!
 
Lenie Horn Charlie jy is baie spesiaal en het 'n wonderlike talent van die Here ontvang mag die Here jou verder seën omdat jy jou talent tot Sy eer aanwend. Dis lekker as iemand van ons eie dorp so suksesvol is en julle webblad is baie professioneel en julle kan trots voel daarop. Ek bid julle Gods rykste seën toe met julle TV program mag dit van krag tot krag gaan - Lenie
 
Hans Bezuidenhout Hi daar, ook net om te laat weet dat ek ook baie bly is oor julle bediening. Julle webwerf is oulik en mag julle baie vreugde put uit dit wat die Here op julle harte gedruk het. Hy maak nie foute nie.
 
Helena Schmidt Hallo! Net om te wys ek was ook hier!!! En jou site lyk baie mooi, en lees lekker! Sterkte met die werk aan die tv program! Ek bid vir julle! Helena
 
Diane Erasmus Charlie ek het na een van jou liedjies geluister en ek's mal daaroor. Jy is spesiaal en het 'n wonderlike talent en mag die Here jou verder seen met die talent.
 
Gerrie Lombaard Charlie, Jy was gisteraand by Fochville Noord. Julle het in die saal gesit toe ek en my een dogter inkom en julle oor die plakkate gesels wat hulle gemaak het. Jou optrede was weereens spesiaal en ek hoop dit gaan verewig deel van ons fees wees. Dit was vir ons 'n absolute ervaring wat dit wonderlik maak om te weet jy kan die God aanbid wat aan mense soos jy die talent gee. Dankie Nogmaals. Liefdegroete in Christus.
 

Deel jou storie