BESTEL

Soos 'n Veertjie - DVD

"Soos 'n Veertjie"; is wat Charlie Dicks haar tweede DVD wat die lig gesien het, noem. Charlie is bekend daarvoor dat haar musiek besondere stories van hoop uitdra en met hierdie DVD bou sy voort op hierdie konsep. Met die simboliek agter die titel "soos 'n veertjie", deel Charlie op 'n eiesoortige manier dat die vrede wat in christenskap opgesluit lê, beskore is vir elkeen wat dit sy eie maak.

Die repertoire is 'n samestelling van liede op haar CD Geloof Hoop & Liefde en ook van haar trefferliede op Country Souvenirs wat nog nie voorheen op DVD uitgereik is nie. Die opnames is gemaak in 'n klein kapel en André du Toit wat verantwoordelik was vir die redigering van hierdie DVD, het seker gemaak dat daar nie van die atmosfeer verlore gaan in die opnameproses nie.

Aan die einde van die program, na Charlie haar laaste buiging maak, word daar op 'n interessante wyse met effekte en sonder aankondiging, eer gegee aan haar Skepper in plaas van die tradisionele bedankings. As bonus is daar ook 'n afdeling in die menu waar vier liede in videoformaat te siene is.

Hierdie DVD voer jou onwillekeurig weg na daar waar tyd en probleme nog nie vastrapplek gekry het nie.

 

Snitvolgorde:
1. A little peace
2. In the garden
3. Always be a child
4. Voel jy Sy liefde
5. Above all
6. My Heer is naby
7. Geloof Hoop en Liefde
8. Live for today
9. Walking piece of heaven
10. Anderkant
11. Three wooden crosses
12. Ek klop
13. Across the bridge
14. Maak my minder
15. Thank You dear Jesus
16. Medals for Mothers
17. I love You Lord
18. Vaya con dios

Plus 4 bonus videos
» My Heer is naby
» A little peace
» Medals for Mothers
» Voel jy Sy liefde