WELKOM BY MY KUIER-KAMER
Die jaar stap so vinnig
aan en ek is beslis op meer as 'n drafstap besig is om te probeer
bybly. Ek kan nie help om te wonder nie...Is dit maar hoe dit in
hierdie tye moet wees, of is ons besig om self hierdie gejaagdheid
te kweek en te voed. Miskien is ek net een van daai stadige leerders,
want die Prediker het tog al baie jare gelede gesê dat alles
net 'n gejaag na wind is, so miskien moet ek net harder op die lewe
se rem trap, of hoe?
So baie mense met wie ek die afgelope tyd praat, getuig van dinge
wat hulle tyd steel. Nie omdat hulle elke dag aanpak sonder om
te beplan nie, dis net dinge wat meer van 'n mens se tyd vra, waarmee
mens nie rekening hou nie en dit maak jou dae korter...baie korter!!
Lees verder by "oor 'n koppie koffie"
Snitte uit die DVD "soos 'n veertjie" waarna jy kan
kyk
Vrede vir jou!... tot volgende keer
Charlie |